everyday hero's

Die Slaap van Geliefdes

Tussen dieptes van ons omhelsing
Dryf my gedagtes,
Geluidloos dobber my wonder beelde
Soos ñ skuit op ñ
Slapende meer,

My vingerpunte volg
Liefdevol elke buitelyn
Van jou gespierde lyf,

Hoe wonderlik Anders is ons
Gemaak,
Elke organisme stewig aanmekaar verbind,

Deur God’s hand,
Is liggaamlike krag bymekaar gebring,

Teer het God
ñ sagte roosblaar
Met grasie en
Beeldskone sagtheid
Vir ñ man gemaak,

As ons liefde moes ontleed,
Soos wetenskaplikes van fotosintese weet,
Wat sou ons vind?

Hoe is twee mense se siele,
So onbeskryfbaar verbind,

Asof ons geskep is met ñ organisme
Wat van kindsbeen af
Alles binnekant laat hardloop,
En groei totdat ons
Volwasse is en liefde vind……..

Dan verander alles in en om jou,
Daai organisme word twee en maak helfte tuis in jou
Huweliksmaat,

Dit veroorsaak ñ verbintenis in liggaam en siel,
En die een Kan nie sonder die Ander,

Daai een persoon wat met
ñ eenvoudige omhelsing
Alles wat stukkend was weer stewig
Aanmekaar druk,

Jy woordeloos sy emosies in sy oë Kan lees,

Sy gedagtes Kan aanvoel,

Sy liefde-orgaisme soos ñ tweede hartklop in jou binneste ruk,

Wanneer jy dankbaar sy beskermende arm om jou voel as hy slaap,

En glimlaggend sug as die versekerende wete jou herhinner,

JY is al wat hy wil hê………

Posted from WordPress for BlackBerry.

Standard

Leave a comment