Love found & lost

Gister se vensterbank

Deur grou,
Oggend dou,
Sit ek vasgeklou,
Op gister
Se vensterbank,

Klou kramptig vas,
Aan Venster rame,
Van onthou,
Staar ek
Leeg NA die
Son se oranje snoet,

Dubbel Lyne
Van my menswees,
lê misverstaan
Oral gespat teen
Gister se venster raam.

Gee my
Nog ñ goue
Oggend dou,
Nog ñ geel
Oggend straal,
Saam jou.

Goue stof drade,
Teken son towerstrale,
Vryf jammerlik
Oor my traan spore,
Al my gisters verlore,

Klou kramptig vas,
Aan Venster rame,
Van onthou,
Staar ek
Leeg NA die
Son se oranje snoet,

Druk kinderlik,
My Wang teen ñ stowwerige ruit,
Tewyl gister venster raam,
Skaamteloos,
Deur stof jou naam
Ophang.

Gee my
Nog ñ goue
Oggend dou,
Nog ñ geel
Oggend straal,
Saam jou.

Voeg my,
Verlore by,
Gister,
Want more is
Leeg…
Leeg..

Sonder jou,
Op gister
Se vensterbank,
Sit ek,
En ek,
Wag…

Posted from WordPress for BlackBerry.

Standard

3 thoughts on “Gister se vensterbank

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s