Love found & lost, Uncategorized

Die lewe se krom hand

In vroeé oggend stilte sit my gedagtes en tuimel. Terwyl almal se slaapasem geluide rustig soos brekende golwe om my wemel. Die son loer met sy daglig oë deur my kamer venster en my binneste huil.
Huil as ek dink aan hoe hard lewe is met ons minder gelukkiges. Dat die lewe vir sommiges dik steaks en blink karre gooi. En vir die res bene en stukkende lewens.
Dat ander met nege karrat goue lepels in hul monde hul eerste asem teug, en ons minder we’ll bevoegdes met “injustice” en “poverty” die eerste keer saam skreeu.

“Gee ons vandag ons daaglikse brood” is vir ons ñ letterlike spreekwoord en nie net ñ sin in die onse vader nie. Die wêreld is nie ñ oester nie maar ñ groot wrede plek vol blink ladieda mense wat stukkende siele deursigtig vind.

Sommige van ons vat daai bene en maak sop en plak cheap pleisters op ou sere. Las ons stukkie lewens aanmekaar met genade van bo.

Met sy krom hand sit hy met jou wenhand en gee hy jou die ace of spades. En ons?

Well ons kry die laagste jack en ons bou ñ huis.
Ñ Huis wat die wind sommer so met sy bol wange om blaas. En jou boepens wolk droom saam die wind verdwyn.

Verstar in gedagtes staan ek voor ñ gat wat so groot soos Kimberley sin voel maar in werklikheid net ses voet diep is.
“Van stof is jy gemaak, en tot stof sal jy terugkeer”, so ñ rou en finale spreekwoord. Die son loer nie meer met sy daglig oë nie maar brand skertsend in winterswinde.

Weereens roep alles binne my na die sagte oë van moeder, daai oë wat ek as kind altyd die huil in sou vind.
“Sy het ñ harde lewe gehad. Sy rus nou my kind”. In woorde wat met vertroosting bedoel is vind ek geen. Al wat ek vind is die ongenaakbaarheid van ons lewe en sy krom hand.

So byna het ons saam vrede gevind. So byna het daar lag in haar oë ingekruip. En so vinnig is sy weg.
Net weg.

My voete volg dooierig die van ander en deur gebroke oë laat ek my weglei.
Die kwaad van onreg kruip oor my hart en ek sukkel in ongewenste gedagtes terug na daai lewe wat haar suster na verwys het.
Ñ lewe wat ek met tienduisend verskietende sterre nie sou kon wegwens nie.

Nog minder sou kon vergeet nie.
Al wou ek. Ñ oop graf se arms gryp my enkels en in slaaplose aande worstel ek teen kwaad en die lewe se krom hand.
“death is not the end but just another doorway”
unknown

©Bernadette Du Toit

Posted from WordPress for BlackBerry.

Standard

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s